e» Liewers uit 'n spoor opskiet: dun steeltjie en skewe bruin hoedjie op 'n lap kweek onder 'n lommerryke boom, dit liewers as die gehate naelstring ewig ongesê en ewig aanwesig geslagte terug, saad en sel en swoelheid se produk opgepiep, grootgemaak, gedresseer, omlys deur gebruike en 'n duisend geskrewenhede. Ag, op my steeltjie voel ek niks, nie boheid bo my en onderheid onder my en die rondom alom van sprietjies en stoffies en losgelate blare nie, nie blou en wolke nie, net staanheid ken ek, en my hoed haal ek vir niemand af. En dan, dan eindig die herfs. (Cedigte uit bundel Spesmase, Human-Rousseau, 1999) 00

Tijdschriftenbank Zeeland

Ballustrada | 2008 | | pagina 58